warrior.jpg

Elke jaar word die Wees Wakker-fee “afgeskop” met die Kaskardag. Vanjaar gaan die fees ‘n nuwe baadjie aantrek.

Laerskool Middelburg hou op Vrydag, 8 September hul eerste en eie Warrior Race.

Ons eie leerlinge gaan eerste deelneem en daarna is dit oop vir publieke spanne.

Skoolspanne bv: Hokkiespanne, Rugbyspanne kan teen mekaar deelneem en skole kan mekaar uitdaag. Ander spanne bv. Crossfit of kollega’s kan ook deelneem. Individuele deelnemers word ook toegelaat!

Kontak vir Jentè by 071 739 0349 of die skoolkantoor by 013 282 5298!

Kom wees deel van ‘n nuwe tradisie by die Koedoekoppe.