BUSTER & BELLA

Buster is terug, by die Wees Wakker Fees, en dié keer het hy ‘n spesiale vierpoot maatjie bygekry! Ontmoet hierdie jaar vir Bella, Buster se aangenome sussie, soos hulle die land met splinternuwe liedjies, vars geblafde stories en boogie voetspoortjies toer! Die vertoning word aangebied deur nog ‘n nuwe vindingryke en energieke karakter, Tannie Terapeut, wat saam Buster & Bella wonderlike ontdekkings maak. Die vertoning is ongeveer 45 minute lank, met ‘n foto sessie saam Buster & Bella na die tyd. 

Soos met Buster die Brak, sing die land weer saam Buster & Bella ‘n klomp nuwe deuntjies uit die pen van begaafde liedjieskrywer, Johan Vorster. Bella se stem word gesing deur Lianie May en Buster deur radio persoonlikheid en akteur Hendri Myburgh (Die Groot Ontbyt op kykNET/Groot FM 90.5, As Jy Sing, kykNET Revue 2016). 

Sedert sy vrystelling in April 2014, het “Buster die Brak: Almal het ‘n Gawe” reeds diep spore in die harte van kinders regoor Suid-Afrika getrap en wen ook in 2015 die GHOEMA Toekenning vir beste kinder CD/DVD. Hierdie Afrikaanse, Christelik-gebasseerde kinderproduk bring boodskappe van God se Woord, en leer hulle soos in Deut 30:15-19 om elke dag LEWE te kies. Hierdie boodskap word ook deurgetrek na die tweede CD en DVD: Buster & Bella. Met Spelterapeut, Arette Burger, as konsep ontwikkelaar en eienaar is elke aspek van Buster se storie goed deurdink. Kinders word bemoedig om hulle identiteit in Christus en holisitiese prentjie van hulle lewens in God se hand: liggaam, siel en gees, te verstaan en ontdek! 

Op hulle nuwe avontuur leer Buster & Bella die Heilige Gees as ‘n beste vriend en helper ken, wat hulle lei om hulle unieke talente, soos geillustreer deur Howard Gardner se 8 intelligensie tipes, te ontdek. Net soos die kleure van die reënboog skyn dié talente van kinders soos ‘n wonderlike belofte en plan oor hulle lewens! Buster & Bella ontdek so dat elke kind op ‘n unieke manier “slim” is. Hulle leer ook dat God ons nooit los nie en as ons Sy hand vat, dit ‘n onbreekbare band vorm. 

In ‘n wêreld waarin dit altyd gaan oor die sterkste, slimste en vinnigste sal elke kind kan identifiseer dat almal uniek en verskillende gawes en talente het. Hierdie boodskap kan konflik hantering verbeter, emosionele intelligensie verhoog en kinders help om die diversiteit van mens te akkomodeer, 

respekteer en komplimenteer. Kinders gaan met dié Buster vertoning ‘n pragtige boodskap geniet wat goedheid, waarheid en eenvoud versinnebeeld. 

Enige iemand is welkom, ingang is ‘n blikkie kos of nie bederfbare produk!

Vertoning vir kleuterskole: 10:00

mtb.jpg

 

A premier event on the Highveld MTB calendar for 2017. Three race distances planned (70km, 35km, 15km) and then for the not so serious the 5km fun walk/run and a 5km fun ride. Serious prize money shared equally between women and men. Fun filled day for the whole family with good food, coffee and lots of entertainment. 

Contact: Phillip Mulder 0826036267

warrior.jpg

Elke jaar word die Wees Wakker-fee “afgeskop” met die Kaskardag. Vanjaar gaan die fees ‘n nuwe baadjie aantrek.

Laerskool Middelburg hou op Vrydag, 8 September hul eerste en eie Warrior Race.

Ons eie leerlinge gaan eerste deelneem en daarna is dit oop vir publieke spanne.

Skoolspanne bv: Hokkiespanne, Rugbyspanne kan teen mekaar deelneem en skole kan mekaar uitdaag. Ander spanne bv. Crossfit of kollega’s kan ook deelneem. Individuele deelnemers word ook toegelaat!

Kontak vir Jentè by 071 739 0349 of die skoolkantoor by 013 282 5298!

Kom wees deel van ‘n nuwe tradisie by die Koedoekoppe.

 

 

Kom toets jou skietvernuf by vanjaar se Wees Wakker-fees skietkompetisie, Saterdag 12 Augustus 2017!!

Dit gaan 'n heerlike kuierdag wees vir jonk en oud!

Daar is natuurlik ook weer groot pryse om los te skiet.

Die kompetisie vind hierdie jaar by Griffen Tactical plaas.

Daar is 3 kategorieë:

Laerskool

Hoërskool

Ope & gekombineerde spanne

Die pryse sal binnekort bekend gemaak word maar intussen...begin solank oefen!!!!

Inskrywingsbriewe kan HIER afgelaai word in afrikaans, en HIER in engels.